Om op 25 nog drie van jou oorspronklike Oumas en Oupas te hê (en boonop nog een wat bietjie later bygekom het) is ‘n verskynsel so skaars soos hoendertande en ‘n groot voorreg, kom ek agter.
Maar om drie Oumas en Oupas te hê wat reeds die mylpaal van 80 gehaal en verby gesteek het is amper ongehoord… Tog is ek in daardie gelukkige posisie met my Ouma en Oupa Krige wat nou albei reeds 87 jaar lank hierdie wêreld verryk (Ouma het eintlik gister haar verjaardag vanuit die hospitaal gevier) en my Oupa André van der Spuy wat Maandag die spreekwoordelike 80ste kers op sy verjaardagkoek kon uitblaas.
As die hoof van ‘n uitsonderlike groot familie – 9 dogters, 1 seun, 24 kleinkinders en al die aangetroudes – was my Oupa natuurlik bederf met ‘n verjaardigviering wat heel toepaslik amper uit sy nate wou bars. Ons het gebraai, ge-‘speech’ en gekuier dat dit klap… en gesing! Ons het baie gesing. Wat ‘n voorreg!
My tannie Sandra het ‘n hele klomp foto’s van my oupa versamel wat sy jong dae tot nou dek, en hulle in ‘n traantrek, lekkerlag en heimweewekkende skyfievertoning met ons gedeel. Dit was so ongelooflik, ek moes net ‘n paar hier op my ‘blog’ plaas.





Love it girl! It warms me from within… isn’t it an amazing privilege to BELONG & to know where you come from?!
i loved this! makes me sad i missed the big day! 🙁
thank you for sharing!
#
Precious, precious, precious!!
Thank you for doing this Nads…it gave me a more tangible experience of Oupa’s birthday festivities.
I printed off the photos and can’t wait to show them to Franco and the girls! (see how your blog has an extended gypsifying effect!)